Muurbal

Muurbal het in 2008 'n amptelike sport by Diamantveld geword en daar is 'n lewendige belangstelling in die sport. Die skool beskik nie oor eie muurbalbane nie. Die leerders skakel by die nabygeleë Pirates Muurbalklub in en oefen daar.

Agt Diamantveld muurbalspelers het aan die Noord-Kaap proewe deelgeneem. Die volgende leerders is in die onderskeie Noord-Kaap spanne ingesluit:

O/19 Seuns:  Meyer Meintjes, Lourens van Niekerk, Wicus van der Westhuizen

O/16 Seuns:  Andre Visser

O/19 Dogters:  Jolize de Jager

MUURBAL SA IPT 0/19 Meyer Meintjes word ook ingeluit in die SA Platteland Muurbalspan