Skaak

Foto onderskrif
Voorste ry:     Johan Els, Lourens van Niekerk, me. S. Rottler, Ri-Jan Deetlefs, Johan Fourie
Agterste ry:    Daniel Botha, Dean Krügel, Nicola de Kock, Henning Noëth, Me-Jeanne Joubert, Paul Henri,
Jaques de Kock
Afwesig:    D’Anveau Sesiane, Daniël Saayman

In Januarie 2011 is die Diamantveld Skaak akademie amptelik deur Suid-Afrika se voorste skaakspeler, IM Watu Kobese, geopen.  Hier word leerlinge nie net geleer hoe om te speel nie, maar ook om die spel lief te hê en om die geskiedenis van die spel te waardeer.  Tans is dit die bes toegeruste akademie in die Noord-Kaap. Daar is 35 leerders by die akademie ingeskakel. Dit sluit 15 laerskool-leerders in.

Internet- fasiliteite is beskikbaar en dit maak dit vir leerlinge moontlik om spelers reg oor die wêreld uit te daag en ook om meer van die spel uit te vind. Verskeie sagteware is ook beskikbaar om leerlinge te help met die analisering van spelle.  Net buite die akademie is daar ook ‘n reuse buitelug-skaakstel waarmee leerlinge kan speel.

Die akademie is besonders in dié opsig dat dit nie geslote is vir Diamantveld leerlinge alleen nie.   Aspirant Diamantvelders is ook welkom om die fasiliteite te benut.  So word laerskool leerlinge vroeg reeds betrek om deel te word van ‘n latere Diamantveld loopbaan.  Een van die laerskool leerlinge, Bernize van der Walt, het verlede jaar haar Nasionale kleure gekry.

Mnr. Connie en mev. Dina van der Walt is vir die afrigting verantwoordelik. Hulle is gekwalifiseerd en het onder andere die FIDE (Wêreld Skaakfederasie) Development Trainer en CHESSA (Skaak SA) vlak 1 kursusse suksesvol voltooi.  Mev. Van der Walt is ook ‘n gekwalifiseerde “mini chess” afrigter en is verantwoordelik vir die afrigting van beginners.  (“Mini chess” is ‘n program wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is en wat aansluit by die departement se leerplan.)  Die “mini chess”-program het reeds 32 SA spelers opgelewer.

Diamantveld lewer jaarliks verskeie provinsiale spelers op. Die volgende leerlinge het vanjaar hulle Noord-Kaap kleure verwerf en aan die 2012 interprovinsiale toernooi deelgeneem:
Ri-Jan Deetlefs
Phillip Deetlefs
Cobus Mostert
Lourens van Niekerk
Gideon Joubert
Jacques de Kock
Dean Krugel
Me-Jeanne Joubert

Verskeie spelers het ook in Desember 2011 aan die SA kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem.

Skaak