Atletiek

Algemeen

Die atletiekseisoen skop elke jaar met die Kleurebyeenkoms af waar drie kleurspanne (Ligblou, Geel en Donkerblou ) teen mekaar kragte meet. In ‘n gesonde gees van deelname en ondersteuning, neem man en muis gewoonlik aan hierdie byeenkoms deel. Na afloop van die aflosse, kry die matrieks geleentheid om ‘n ererondte af te lê; ‘n geleentheid wat ware Diamantveld-trots weerspieël. Hierdie geleentheid het al dikwels trane in die oë gebring.

Die atlete kry geleentheid om dwarsdeur die jaar by die Atletiek-akademie van Diamantveld te oefen. Die resultate van so ‘n gedissiplineerde oefenprogram is gewoonlik sigbaar wanneer die atletiekseisoen aanbreek. Dan presteer Diamantveld se atlete baie goed by byeenkomste in die Vrystaat, Oos-Kaap en Noordwes en Pretoria.

Maak dit ’n 3-kuns vir Diamantveld Atletiek Hartswater Top-20 kampioene 2013, 2014 en 2015. Diamantveld se atlete het die 2014/2015-seisoen in Januarie voortgesit en uitstaande prestasies gelewer. Ons atlete het aan verskeie byeenkomste gaan deelneem met die Prestige College Byeenkoms in Pretoria as die hoogtepunt. 84 Skole het aan hierdie byeenkom deelgeneem wat ook as ’n mini-SA’s bekend staan.

Die top prestasie deur ’n Diamantveld atleet was Ruan Willemse se goue medalje met ’n tyd van 10.7 sekondes in die 100m. 12 Atlete kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe in Rustenburg en Bloemfontein. Baie geluk aan hierdie atlete en sterkte vir die byeenkomste.

Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe

Deneke Prinsloo, Beatha Groenewald, Drean du Plessis, Jean-Marie Vermeulen, Ruan Willemse, Bethanie du Raan, Cheslin van Wyk, Marco van Rooyen, Zeanne Kruger, Riaan de Klerk, Bennu Meintjes, Theo Senekal.

OEFENTYE:  Maandae tot Vrydae 16:30 – 18:15

                                AFRIGTERS

Naellope & Aflosse

Mnr. Wilmo Vermeulen & Jacques Kruger

Hekkies

Mnr. Wilmo Vermeulen & Mnr. Jaco Smit

Verspring

Mnr. Wilmo Vermeulen

Middelafstande

Mnr. Jaco Smit

Gewigstoot

Mnr. Gys Smit

Spiesgooi

Mnr. Thian Linde & Mev. Frankie Steenkamp

Diskus

Mnr. Gys Smit

Hammergooi

Mnr. Gys Smit

Hoogspring

Mnr T. Senekal & Mnr. Janus Schutte

 Navrae:                  Mnr Jaco Smit    -  Atletiekhoof. Skakel: 053 – 8331528/9

                                 Mnr  Niel Marais - Sportburo.     Skakel: 053 – 8331529

Meyer Meintjes