Swem

  • Diamantveld het weer vanjaar die immer gewilde swemgala aangebied. Dit bied nie net aan die swemmers van formaat 'n geleentheid om hul vermoëns ten toon te stel nie, maar is ook 'n prettige geleentheid waaraan selfs die skoolhoof ''gewillig'' deelneem. Die matrieks se ''kostuum-seremonie'' verleen jaarliks besondere kleur aan hierdie geleentheid.
  • Diamantveld se swemmers het in 2015 weereens gewys dat daar met die Diamonds in die swembad rekening gehou moet word. Die swemmers het aan verskeie gala’s deelgeneem en met baie medaljes teruggekeer.
  • Die byeenkomste sluit in:
  • NCASA kampioenskappe - Upington Noord-Wes
  • 4 Provinsies Interprovinsiale Gala – Potchefstroom
  • Lisa Delport en Tharien van der Walt kwalifiseer tydens hierdie byeenkomste om aan die SA Level 2 gala te Sasolburg te gaan deelneem.
Ebert Kleynhans
Lisa Delport, Evert Kleynhans en Tharien van der Walt