Tennis

26 Diamantveld Tennisspelers het aan die Noord-Kaap Proewe deelgeneem. Hierdie is die meeste spelers van enige skool in die provinsie. Die spelers het puik gevaar en die volgende spelers eindig as nr. 1 in hulle ouderdomsgroepe:

O/14 seuns:  Rudolf Lubbe

O/15 dogters:  Kiara Wakeford

O/17 dogters:  Alida Botha

O/19 dogters:  Anja Lubbe

Vyf Diamantveld tennisspanne neem op 6 Maart 2015 aan die Fichardtpark Sportdag deel. Die spanne het puik presteer met die uitslae soos volg: Die Senior dogters wen die toernooi en reken af met Oranje Meisies, Eunice en Union High. Die Junior dogters wen die afdeling vir tweede spanne. Die seuns eerste en tweede span eindig onoorwonne, maar die finale reën ongelukkig uit en die louere word gedeel.

Hoof

Hendrik Kirsten

Afrigters

Senior seuns A:  Hendrik Kirsten

Senior seuns A & B:  Retha Vos

Senior dogters:  Zelda le Grange

Junior seuns:  Salome Schreuder

Junior meisies:  Riana van Wyk

 

Anja Lubbe, reserwe vir die 0/19 Springbok Tennis-span