Krieket

Rudolf Steyn en Gerhardus Liebenberg is sprekende voorbeelde van die suksesresep van Diamantveld-krieket. Benewens dié twee Protea-spelers, is Roy Adams in 2007 in die O/19 Wêreldbeker-span ingesluit en Pieter Koortzen (1996) en Frikkie Holtzhausen (2006) het vir die SA Colts-span uitgestap.

Totale verteenwoordiging in Griekwaland-Wes-spanne sedert 2005:

  • 2010/2011-seisoen: 4 spelers
  • 2009/2010-seisoen: 7 spelers
  • 2008/2009-seisoen: 10 spelers
  • 2007/2008-seisoen: 10 spelers
  • 2006/2007-seisoen: 8 spelers
  • 2005/2006-seisoen: 9 spelers

Diamantveld het 'n baie goeie infrastruktuur vir krieket. Dit sluit in:

  • 2 Krieketvelde
  • 8 Oefennette met matte
  • Professionele afrigting
  • 2 O/19-spanne
  • 3 O/15-spanne

Die 2015 krieketseisoen het met groot opgewondenheid begin. Met die voltooiing van ons nuwe krieketnette het spelers met groot ywer oefeninge bygewoon. Gedurende die eerste kwartaal het Diamantveld 5 krieketspanne in die veld gehad. Die O/19A - en O/15A - spanne het in die Bloemfontein- en Kimberley Ligas gespeel. Die O/19B - en O/15B - spanne het weekliks wedstryde in die Kimberley Liga gespeel. Ons kon ook ’n O/15C - span maak wat vriendskaplike wedstryde in Kimberley gespeel het.

Die O/19A - span het op 6 & 7 Februarie 2015 aan Krieket Suid-Afrika se T20 uitspele deelgeneem. Die span het uitstekend gevaar en vir Hoërskool Duineveld in die kwarteindstryd met 79 lopies geklop. In die semi-finaal het die span hulle wenmomentum voortgesit en vir HTS Kimberley met 92 lopies verslaan. Tydens die finaal teen Hoërskool Noord-Kaap op die De Beers Stadion het die span na ’n goeie boulvertoning ongelukkig met die kolf vasgeval. Baie geluk met die goeie prestasie ons sien met opgewondenheid uit na die nuwe seisoen in die 3de kwartaal.

 AFRIGTERS VIR 2015

SPAN

AFRIGTER

 

o/19A 

Mnr. Niel Marais & Mnr. Francois Holtzhausen

 

o/19B

Mnr. J. Zandberg

 

o/15A

0/15B

Mnr. H. Beket

Mnr. A. Louw

 

     

 

 
KRIEKET 0/17 Griekwaland-Wes Andri Swart