Rugby

 Diamantveld rugby het reeds ‘n paar groot name opgelewer, maar dis veral die geesdrif onder rugbyspelers in die algemeen wat so aansteeklik en uniek is. Die skool word jaarliks deur verskeie spelers in die provinsiale spanne verteenwoordig.  In 2014 het Diamantveld 25 provinsiale spelers opgelewer.  Verskeie spanne soos 0/16 Grand Khomo, 0/16 Valke, 0/19 Griquas Puk-span, 0/18 Griquas Akademie en 0/18 Griquas Craven Week.

Griquas 0/18 7's-span het vyf Diamantveld spelers opgelewer en word ook afgerig deur Jean Stemmet Diamantveld se Hoofafrigter.

Die afrigting is van hoogstaande gehalte en word deur die voormalige Griekwa speler, Jéan Stemmet, gekoördineer. Hy is vir alle rugby-ontwikkeling by Diamantveld verantwoordelik.  Hy rig ook die eerste span af.   Bok Markram is die hulpafrigter van die O/19A span.  Jacques Zandberg voormalige Puk losskakel is die skopafrigter wat al die skoppers elke week onder hande neem.

Verskeie spanne het gedurende die April-vakansie getoer.  Die O/14- en O/15 spanne het George toe getoer, die O/16-span was na Paarl Gimnasium se toernooi.  Die eerste span is na Hoërskool Oakdale in Riversdal waar hulle teen verskeie groot rugbyskole gespeel het.

Die eerste span neem ook deel aan die Wildeklawer Toernooi vir Superskole; ‘n toernooi waarheen die top 2 skoolspanne in die land genooi word.  Diamantveld was weer die gasheer vir hierdie prestige-toernooi in 2014.  Die deelname teen groter skole soos Paarl Gimnasium, Hoërskool Glenwood, Boland Landbouskool, HTS Middelburg, Hoërskool Monument, Hoërskool Grey - Bloemfontein, Paul Roos Gimnasium  en andere bring mee dat die seuns op ‘n hoër vlak meeding en kompeterend bly.

Diamantveld lewer verskeie provinsiale spelers op waarvan Izak van der Westhuizen (Edinburgh Skotland), Willie Brits (Goue Leeus), Renier Botha (Vrystaat Cheethas).

 

 AFRIGTERS VIR 2014

SPAN

AFRIGTER

 

o/19A 

J. Stemmet/ B. Markram/H. vd Westhuizen

 

o/19B

G. van Zyl/P. Streak

 

o/19C + D

0/16A

N. Marais/L. Ferreira

E. Lubbe

 

0/16B

M. van der Linde

 

0/15A

0/15B

0/14A

0/14B

J. Zandberg/H. van Tonder

H. Beket

F. Holtzhausen/D. Vertue

A. Louw/H. Strydom