VCSV

DHS staan en leef hul Christelike waardes ten volle uit. Dit is vir elke leerder van DHS belangrik. Ons het die geleentheid om elke Woensdag tydens pouse VCSV in die saal of op die Amfiteater te hou, waar daar onder andere geleentheid gegee word vir:

  • Predikers wat die Woord verkondig
  • Lofprysing tot eer van God
  • Getuienis van leerders
  • Christelike groepe wat die leerders met drama en musiek kom dien

 Ons het ook:

  • Uitreike kwartaalliks na Ouetehuise, Weeshuise, Kinderhuise ens.
  • Fondsinsamelings ten bate van Kanker (CANSA for Relay)
  • VCSV Kampe (Bestuurs Opleidingskampe) + kampe wat groot aftrek kry is onder andere die “Image-kamp 2015 te Heidelberg waar ‘n groot groep van DHS leerders saam 3 500 ander leerders die Christelike Kamp bygewoon het.

Ons verkies jaarliks ‘n VCSV Bestuur en –komitee wat aan die stuur staan van die gebeure en beplanning. Vanjaar is die groep groter omrede ons ‘n “Omgee-buddie”-beweging begin het, waar daar tussen 15 – 20 leerders in DHS aan 1 VCSV-komitee lid toegevoeg is, wat moeite doen met boodskappies (elektronies), verjaarsdae ens.

Ons is regtig bevoorreg en so dankbaar vir God se werk in ons skool want vrywilliglik is daar ten minste 650+ leerders weekliks by ons VCSV gedurende pouse.

VSCV BESTUUR 2015

PERSONEELLEDE 

Me. B. Kleynhans (Organiseerder)

Mnr. J. Zandberg

Me. N. Scheepers

VOORSITTERS

Mari Breytenbach

Ruan Gagiano

BESTUURLEDE

Marli Stassen

Johané Deetlefs

Philip Swanepoel

Marlouette Kleynhans

Marmari Pienaar

Christel Roberts

Elzané Schoombie

Karla Muller

Shandri Erasmus

Wilmarie Vorster

Bethenie du Raan

Marizaan J v Rensburg