Toneel

Die toneelvereniging strewe daarna om 'n liefde vir drama asook die tegniese aspekte daarvan onder ons leerders aan te wakker. DHS Toneel is kerngesond en mev. Lisa Holtzhausen en mnr. Albie de Beer is in beheer van 'n skatkis vol kreatiwiteit.

Die Toneelgroep het vanjaar weer aan die ATKV Tienertoneel kompetisie deelgeneem.  Vanjaar was twee stukke ingeskryf vir hierdie prestige kompetisie.  Die een stuk, Die liefde oorwin alles, kom uit die pen van een van ons onderwysers Mnr. Albie de Beer terwyl die ander stuk ‘n eenvrouvertoning was deur Caria van der Merwe ‘n graad 10 leerder.

 Die persone betrokke:

Mnr. Albie de Beer (Skrywer en Regie),  Mev. Lisa Holtzhausen (Regie),  Beatha Groenewald (Souffleuse),  Corni Coetzee (Verhoogbestuurder),  Ané Strydom (Klank), Philip Swanepoel (Beligting), Caria van der Merwe (Eenvrou vertoning), Pieter Hatting (Mnr. Oppenheimer), Joané Groenewald (Kat), Hilana Louw (Michelle), Le Roux Malan (Delarey), Deneys Schoombie (Wynand), Philip John Badenhorst (Kosie), Charl Smit (Thabo), Anwill Botha (Die Butler)

 Hierdie groep het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en die volgende sertifikate op die Streeksfees verwerf.

Brons – Mnr. A. de Beer (Skrywer)

Brons – Mnr. A. de Beer en Mev. L. Holtzhausen (Regie)

Brons – Dekor

Brons vir spel – Pieter Hattingh, Joané Groenewald, Anwill Botha, Philip-John Badenhorst

ATKV Tienertoneel