Redenaars

Foto Onderskrif
Voorste ry:     Corni Coetzee, Sulé Steenkamp, mev. R. Vos, Clarissa Claasen, Keeshar Louw
Agterste ry:      Henning Noëth, Charl Smit, Deon du Plessis, Mari Breytenbach
Charl Smit (gr. 8) dring deur na die nasionale eindronde.

DHS-Redenaars strewe daarna om leerders te help om met selfvertroue in die openbaar te praat, om hulle man (of vrou!) te staan in ‘n wêreld waar daar so dikwels van ons verwag word om ons standpunt te verdedig, of iemand anders te oortuig van ons standpunt. Redenaars is toegewyde leerders wat nog lank na skool die vrugte van hierdie dissipline pluk.

Die afgelope twee jaar het Charl Smit elke jaar daarin geslaag om tot die finale ronde van die junior redenaarskompetisie van die ATKV deur te dring deur eers as provinsiale wenner aangewys te word.

Redenaars neem hoofsaaklik aan die ATKV-Redenaarskompetisie deel. Die kompetisie het in 2015 ingrypend verander. Leerders kan nou óf aan ‘n voorbereide óf ‘n onvoorbereide been van die kompetisie deelneem. Die stelsel werk so dat die onvoorbereide kwota eers volgemaak moet word (in ons geval met 4 juniors en seniors elk) en daarna kan nog 3 leerders in elke afdeling aan die voorbereide afdeling deelneem.

Daar neem dertien leerders aan die eerste uitdunronde wat in April gehou word, deel.

Redenaars. Provinsiale wenner Charl Smit (middel agter) dring vir die derde jaar na mekaar deur na Nasionale Eindronde.
Charl Smit en mev Retha Vos