Debat

Diamantveld het vanjaar aan die ATKV debatskompetisie deel geneem. Ons het 3 Senior Spanne en 4 Junior Spanne ingeskryf. Die eerste rondte is in  Kimberley gehou by Hoërskool Noord-Kaap. Dit was ‘n goeie kompeterende dag, ongelukkig het geen van Diamantveld se spanne deurgedring na die volgende rondte nie, maar ons begin reeds in Mei te oefen vir die debatskompetisie in 2016.

Die onderwerp vir die Juniors was: SA is instaat om ‘n olimpiese spele suksesvol aan te bied.

Die Seniors se onderwerp was: Kernkrag is die beste oplossing vir SA se vraag na elektrisiteit.

Beide onderwerpe was “lewendige onderwerpe” waar debateerders hul eie stempel kon afdruk op hul argumente. Diamantveld kan baie trots wees op hierdie leerders wat deelgeneem het.