Koor

Koor

Diamantveld se skoolkoor het geen bekendstelling nodig nie en het onder bekwame leiding oor die jare sterstatus bereik.

Die koor staan tans onder leiding van mev. Esther Ford. Mev. Ford het die koor vir 30 jaar afgerig en toe ‘n blaaskansie geneem en het verlede jaar weer die leisels oorgeneem. Die begeleiers is mev. Magreet du Plessis en mev. Clarise Jonas.

Die jaarlikse Diamantkoorfees is ‘n instelling in die Noordkaap. Vanjaar word die veertigste Koorfees gehou op 18, 19 en 20 Augustus. Die koorfees word geborg deur NWU-PUKKE.

Op 22 April 2015 gee die koor ‘n Paasuitvoering in die Spangenbergsaal by Hoërskool Diamantveld.

 

Diamantveld se skoolkore onder die bekwame leiding van Mev. Magdel Botha.
Diamantveld koor tydens die jaarlikse kerssangdiens.